Beste Ockert

Ek wil hiermee baie dankie se vir julle ondersteuning gedurende die pas afgelope ploeg kompetisie te Bekker Hoerskool . Dit was werklik ‘n plesier om met sulke proffesionele mense te werk .

Julle handelaar op Tarlton was bereid om baie meer te doen as wat ons behoefte was . Baie dankie aan hulle .

Ek vertrou dat hierdie die eerste tree was van ‘n lang pad wat die ploegorganisasie en NEW HOLLAND saam gaan stap . Riaan Barnard is aangestel om met ons borge kontak te hou en sodoende na julle belange ook om te sien waar dit met kompetisie ploeg verband hou . Hy sal eersdaags in kontak wees met julle .

Besoek asb www.tubestone.co.za as ook op facebook “south African ploughing organization “ .

Baie dankie en groete